Gaan ons Blom?

22Sep09

Terwyl die Weste geheel en al bankrot is, met die VK en VSA voor in die koor, is dit SA wat sterk deurkom.
Só het Dr Roelof Botha, ‘n ekonoom van Pretoria en gewese Ekonoom van die Jaar van Sake24, in Bloemfontein gesê:

“Hy het voorspel die Suid-Afrikaanse landbousektor én die hele ekonomie gaan gou die vrugte begin pluk van die styging in die verbruikersbesteding. Elke persentasiepunt wat die rentekoerse val, verhoog die persoonlike besteebare inkomste met sowat R1,7 miljard per maand.
Die impak van die regering se belastingkorting van sowat R1,2 miljard aan werkers in die lae- en middel-inkomstegroepe moet ook in aanmerking geneem word, het hy gesê.
Botha voorspel oor ‘n jaar is die primakoers 9,5%, die jaarkoers en BBP-uitset is vinnig om na die 5% te klim, en werk word geskep.
Die instroom van sokkergeesdriftiges met die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 gaan ‘n ontploffing in toerisme veroorsaak. Dit gaan die ekonomie ‘n stewige hupstoot gee.
“Ons lughawens gaan oorval word, mense gaan uitbeweeg en ontdek watter unieke stukkie van die aardbol ons hier het, veral met die vriendelikheid, die 11 amptelike landstale. Dis ‘n kaleidoskoop van kulture wat ons hier het.” (Volksblad)

Ek weet die stiksienige dubbele drolle verstik reeds in hul brannas en coke, shaaim, dat SA maar net nie wil saamspeel en die hopelose en hulpelose landjie wil word van hul koorsige wetdreams nie, huh!
En hoe moet die hensoppers in OZ en Kanada nie huil nie!
Shaaim, nadat hulle die negatiewe aas hoek en sinker afgesluk het, die luilekker lewe in SA opgegee het, nou moet hulle met geknersde tande vanaf die verkeerde kant van die draad toekyk hoe SA daai muishondlandjies verby galop en in die stof laat agterbly!
Is dit nie heerlike ironie nie?

Terwyl die fokken dom wit drolle in die drinkwater desperaat probeer om SA af te breek tot in die grond toe is ons ‘n ware Feniks wat skouspelagtig verrys het uit die asse van Apartheid, en laat ons nou maar eerlik wees, dis alles deur die ongelooflike toewyding van die Swartman dat SA vandag in die pylvak voorloop en die wenstreep wink!

Soos Dr Botha self sê:

“Die optimisme sal een of ander tyd in die prentjie inkom. Suid-Afrika sit dieselfde tyd met die Wêreldbeker-sokkertoernooi, ons sit met die groot kriekettoernooi (Kampioene-toernooi) wat eersdaags begin.
“Maar die Wêreldbeker-sokkertoernooi is ongelooflik groot. Die kumulatiewe kykerstal word op 55 miljard beraam (mense wat meer as een keer kyk). Die bemarkingsgeleenthede vir Suid-Afrikaanse produkte, vir toerisme, is fenomenaal.”
Toerisme maak 10% van die globale BBP uit en as Suid-Afrika die strukturele toename in toerisme-aktiwiteit ervaar wat hy behoort te doen, gaan hier baie werk geskep word. Op kort termyn gaan daar ‘n geweldige inspuiting wees vir ondernemings soos gastehuise. Die volhoubaarheid gaan afhang van hoeveel van die toeriste gaan terugkom. ‘n Mens moet dink dat baie van die 500 000 tot 1 miljoen besoekers hul vriende of familie gaan oorreed om ook Suid-Afrika te besoek. (Volksblad)


Breyten skryf:   http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=70766&cat_id=160

Iemand bring dit onder my aandag daar staan in ‘n onderhoud wat u gevoer het met Johrné van Huyssteen dat ek glo jare gelede op Oudtshoorn sou gesê het hy, Johrné, is ‘n lelike kêrel. Hau! Kan dit wees? Dat ek sy vrou ‘n pluimpie wou gee, of ek nou nugter of begeesterd was, wil ek glo – want ‘n mooi vrou verdien komplimente (al werk dit ook selde). Trouens, ek weet amper van geen vrou wat nie ‘n kompliment waardig is nie: hulle deel darem die wêreld met barbare. Maar dat ek my sou kon verwerdig om so ‘n onsmaaklike opmerking teenoor haar man te maak – maak nie saak hoé Oudtsgekoring ek waarskynlik was nie – is totaal onaanvaarbaar! Ek betwyfel nie sy weergawe nie. Dit wys jou net watter twak mens kan kwytraak wanneer jy na ‘n ander man se vrou loer. Seker weer gedink ek is snaaks. Wil ook net sê ek is regtig jammer dat ek so onbeskof kon wees. Indien ons ooit (weer) ontmoet hoop ek hy gee my ‘n welverdiende skop onder die gat. Met rente. (Hy moes dit eintlik toé al gedoen het, dan het ek dalk ‘n les geleer.)

Dra asseblief my verskoning en my groete aan hom oor. En darem, met sy toestemming, aan sy vrou ook.

Breyten Breytenbach

Verdien vroue komplimente- al werk dit nie?  Is hulle meer beskaafd as mans? Of is mans barbare agv van vroue?

Byvoorbeeld: Daar is net een Steve- maar daar is (skynbaar) 20+ girlfriends!


Wanneer pla pornografie en hoekom? Kan dit positief tot verhouding bydra of is dit alles negatief.

Ek loop hierdie brief op Litnet se Bieg raak;

http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=69942&cat_id=161

I am a 28-year-old guy. I’ve been in a relationship with the most wonderful person for almost six years now. We have sex regularly, but we’re not married, which is more the way things worked out than a decision. This is a huge problem on its own as we both are Christian and try to live our lives accordingly. I want to marry her with all my heart and although there are so many excuses for not doing so (for example she’s a few years younger than me and I strongly believe that she wasn’t/isn’t ready for marriage). These, however, are just comfortable excuses because I have to ask myself the question: “Am I ready for marriage?” and the answer would be yes. That was until tonight. She found some pictures on my iPod. I have no idea where they came from as I don’t build porn collections, like I once did, anymore. The fact is it came from somewhere and it wouldn’t have if I wasn’t visiting these sites. Four years back she “caught” me for the first time. As a resolution I promised her to never do this again. I erased all porn from my computer and broke the “habit” of watching porn. This became more difficult as our relationship progressed. I have a very high sex drive, something very few people in our conservative community understand or could care to deal with, let alone live up to. She really tried and this made me feel worse, as I realised that most of the things happening in our sex life are purely because I want them. She feels guilty when we’ve had sex and even more so when we’re exploring. This, according to her, is because we’re not married. It was difficult for me to understand at first, as neither of us were virgins when we met. This was difficult for me to make sense of. She had slept with someone else before me, but has no attraction towards me. What am I doing wrong? Why doesn’t she want me? Why doesn’t she need me in that respect? These questions haunted me – our sex life felt to me like a pure obligation on her part. I felt like she’s having sex with me out of pity. Solely because it’s too difficult to explain to me why she had sex with her ex, but doesn’t want to have sex with me. As time went by I came to believe that the reason why she reacts/acts like this is that she really loves me. She knows we’re going to be together for the rest of our lives and she’s afraid of jeopardising our future marriage or our sex life after we get married. Maybe I started to believe this as it was the easiest for me to accept. It’s just too hard to believe that she doesn’t want me or that I can’t live up to what she had with her ex. I love her with every part of my being, but through this time I’ve occasionally found myself on porn sites. I promised her to stop it and this made me feel like even more of a loser until I made myself believe that it was better this way. She (as do I) comes from a very conservative background and I started to feel like I’m breaking her down as a person by expecting certain things from her. It gave me the refuge of being to her what I think she wants me to be and I at least didn’t feel guilty for asking her things she’s clearly not interested in or what feels are wrong to her. I’m not on porn sites 24/7. I don’t seek site after site after site as I used to when I was a student or like I did before promising her I would stop. Our sexual problems just sometimes led me to believe that I’m doing nothing wrong. The fact is I am. Not being able to share my sexuality with her like I always dreamt of doing with the person I want to spend the rest of my life with, has made it more difficult for me to share anything with her. This had the effect of lost intimacy, which led to even more problems and my doing more of my own thing behind her back. I’ve never desired someone else. What I desire most is for her to really and truly “want” me. I felt empty because (or I believed) she did not. I tried to fill that emptiness by doing what I did as I felt that maybe this will change once we got married and I wouldn’t have the need for this anymore because then she wouldn’t feel guilty anymore and I would feel guilty to share my sexual thoughts and fantasies with her. Tonight I saw the hurt that it caused and even though I’m not sure I’ll be able to fix this to an extent where our relationship is what we both desire anymore, I want to break free from this guilt I’m carrying around in me. I never want to be responsible for hurting anybody with this ever again. I want to be the man she deserves in her life. I want her to feel safe with me, to feel comfortable, to feel as special as she is to me. I want her to respect and look up to me. I want this more than anything. I want this more than sex. First of all: How do I fix this? Not for her (as this was what I tried the first time around), but for myself so I can be the one she wants and needs. Could we ever be what we both desire after I hurt her like I did? How do I win back her respect and most of all, her trust? She’s the woman I want to wake up with every morning for the rest of my life. Please help me with any means … advice, programmes, referrals, groups, anything that can pave my way back to being the person I know I am inside. To be the person she wants and needs, while still being who I am.


stiletto

Hier volg ʼn uittreksel uit Karin Eloff se opspraakwekkende boek, Stiletto, wat pas by Tafelberg verskyn het. Die medeskrywer is Carel F Cronjé.

Karin Eloff is ‘n voormalige werker in die volwasse vermaakindustrie. Sy werk tans as joernalis by die weeklikse koerant Sondag en woon in Johannesburg. Carel F Cronje is ‘n musikant, joernalis en skrywer van onder ander Sonja Heroldt se biografie.

Karin Eloff is ‘n Boeremeisie met ‘n honneursgraad in sielkunde en ‘n Dopper-agtergrond. STILETTO vertel die ware verhaal van die pad wat dié kuis en voorbeeldige skooldogter gestap het om uiteindelik Zoë te word – eers as gewone stripper, toe as danseres en masseuse in die Streel-kasteel en uiteindelik redakteur van ‘n pornografiese tydskrif. Haar pad lê besaai met middeljarige mans, Afrikanermeisies met eksotiese Engelse verhoogname, gevaarlike seks en dwelms. STILETTO vertel hoe sy daar beland het, wat sy daaruit geleer het en hoe sy dit oorleef het. Dit raak pertinente kwelvrae oor ons samelewing aan – oor mans, oor vroue, oor seks, oor liefde en oor wie die delers en die stelers is. STILETTO draai nie doekies om oor die skadubestaan van die sekswerker nie.

***

Dit was ‘n verligting om by die Streelkasteel te werk, omdat ek dit in die dag kon doen. Ek het nie nodig gehad om in die vroeë oggendure deur strate vol dronk mense te ry en te hoop niemand agtervolg my nie. Die mans wat na die Streelkasteel toe gekom het, was ook nie dronk nie. Hulle het gewoonlik oor middagete gekom of net na werk, maar teen tienuur saans was die deure gesluit en almal veilig tuis.

Om vir die eerste keer ‘n erotiese massering te doen en boonop hoog swanger te wees, is nogal ‘n ervaring. Die vrae wat by my opgekom het was lagwekkend. In die eerste plek is draadtrek nie so eenvoudig soos wat ‘n mens dink nie, en mans ook nie. Alle mans is beslis ook nie dieselfde nie. Ek het angstig geraak. Wat as ek dit verkeerd doen? Wat as ek aanhou en aanhou en aanhou en aanhou en niks gebeur nie? En waar moet ek kyk as die ou uiteindelik kom? Dis eintlik só onnatuurlik as jy nie intiem by die ou betrokke is nie.

Moet ek plafon toe kyk?

Moet ek hom in die oë kyk? (Asseblief net nie dit nie!)

Moet ek afkyk?

En wat sê ‘n mens as die customer nou sy bydrae tot die verrigtinge gelewer het?

Ek dink die eerste paar keer het ek iets soos Aitsa! of Daar’s hy! gemompel.

Dan is die volgende vraag natuurlik: Wáár kom hy?

Op sy maag?

Op ‘n handdoek, of wat?

Ek vind toe uit dis op jou hand. En dit sou uiters slegte etiket wees om ná die komskoot die goed onmiddellik van jou hande af te vee, in die lug te probeer afskud of om ‘n gesig te trek. Kyk, by die Streelkasteel word elke man se semen verafgod, al is dit groen, want hy gaan nie terugkom as hy ‘n spesmaas kry jy aanvaar nie sy liggaamsvloeistowwe in liefde nie.

Die eerste man wat ‘n treatment by my gekry het, was die Streelkasteel se mede-eienaar. Hy’t my plegtig die Gebooie van Draadtrek voorgelees. Bowenal moes ek die customers laat voel ek gee regtig om . . .

Ek het baie geleer van menslikheid by die Streelkasteel. Van meegevoel, van toneelspeel, van die kameraderie tussen vroue, hoe hulle mekaar soos wolwe kan beskerm, maar ook hoe onbetroubaar en emosioneel onstabiel hulle kan wees. Michelle self het by ‘n latere geleentheid vir my gesê sy het in die masseerbedryf geleer daar is meer eerlikheid by mans te vinde as by vroue, en dat sy ‘n groot gly in vroue gevang het.

Die customers wat effens aangeklam was, was altyd die moeilikste. Jy voel later soos ‘n Boesman wat verwoed ‘n vuurtjie aan die gang probeer kry, maar die kêrel sukkel om sy vonkies te laat skiet. En die ergste is: hulle wil so graag.

Ek het ‘n customer gehad wat ‘n kankerlyer was. Sy komskoot was siekgroen. En ek moes hom aanvaarbaar laat voel, nie my gesig wegdraai nie, nie gewalg lyk nie. Hy’t my oor en oor bedank. En vir my gesê geen ander vrou was bereid om daarmee opgeskeep te sit nie.

Ek moes ‘n patologiese nerd wat heeltyd sy pruikie op sy kop reggeskuif het laat voel of hy Austin Powers op steroids is. Sy lyf het met die fyndraai só geruk dat hy byna die bed gebreek het. En ek kon nie vir hom lag nie.

Daar was die advokaat. Hy was erg gestres en impotent. Ek het hom so ver gekry om van sy onvermoë te vergeet dat hy uiteindelik amper sy eie gesig raakgespuit het. Ek moes ure lank met hom speel sonder om die aandag op sy penis te vestig. Ek het net liggies aan hom geraak, kaal op hom gesit en hom liggies geterg, oor koeitjies en kalfies gesels totdat hy ‘n spontane ereksie gekry het. En dit terwyl ek absoluut niks vir die man voel nie.

Daar was die ou wat kort tevore deur die ongelooflikste trauma gegaan het. Ek moes hom vashou, geliefd en veilig laat voel. Ek het regtig gesukkel om die emosionele intimiteit waarna hy so gesmag het na te boots.

Daar was die wonderlikste man wie se testikels verwyder is nadat dit in ‘n rugbywedstryd afgeskop is toe hy agttien was. Die vrou vir wie hy oneindig lief was, is dood en hy het nie kans gesien om vir elke date te verduidelik hoekom hy net ‘n penis met ‘n leë sakkie het nie. Ek het my bes gedoen om sy vertroue in sy manlikheid te herstel.

My grootste vernedering was die ou wat wou hê ek moes in sy oë kyk terwyl hy kom. Ek kon nie. Ek kon net nie. Hy’t sy moer vir my gestrip en sy geld teruggevra. Ek kon hom nie bevredig nie.

Daar was ander ook van wie ek liewer wil vergeet.

Een ou was ‘n psigopaat. Ek is oortuig daarvan. Hy’t my vertel hy het ‘n mes in sy sak gehad en dat hy my borste wou afsny en saam met hom huis toe vat. Ek het gevoel hoe my uitgeswelde maagspiere saamtrek om my ongebore kind nader aan my lyf te trek. Ek kon eenvoudig nie klaarmaak nie. Die man se energie het soos kak teen die mure gesit. Sy oë was diep en donker en onpeilbaar gevaarlik. Ek het uitgestorm en my beskermengel Michelle het hom vriendelik dog ferm die deur gewys.

Daar was Richard. Hy’t nie in draadtrek belanggestel nie, hy wou my penetreer. Maar penetrerende seks was nooit deel van ons repertoire by die Streelkasteel nie. Richard is ‘n prokureur, ‘n indrukwekkende slim man. Met ‘n indrukwekkende klein pielietjie. Ek is nou nog bang vir mans met klein pielietjies of enigiets wat na klein-pielietjie-sindroom lyk. Dis húlle wat gevaarlik is.

Ek het my laat verkrag.

Hy’t my beveel om handeviervoet op die bed te staan en ek het net daarop gefokus om asem te haal. Ek dink hy’t ‘n pistool by hom gehad. Hy’t van agter af iets in my opgedruk wat hard en koud was. Ek was bang. Ek dink ek het my in ‘n stadium natgepie. Ek was rêrig oortuig hy wou my doodskiet. Maar hy het nie. Toe hy met my klaar was, het hy ‘n rol note in my hand gedruk en geloop. Ek het gaan stort. Lank. Maar ek kon hom nie van my afwas of uit my gedagtes kry nie. Vir weke nie.

Ek dink die heel ergste was die ou op Valentynsdag. Hy was ‘n vreeslike vriendelike, ordentlike man en uit sy praatjies kon ek aflei hoe baie sy vrou en kinders vir hom beteken. Die rook het omtrent uit my brein getrek soos ek probeer uitwerk het wat máák die ou dan hier? Terwyl ek toe met sy penis in my hand gesit het, lui sy selfoon. Oeps. Sy vrou, het hy beduie, en gewys dat ek moet voortgaan.

“Ja, my skat,” het hy geborrel, “ek’s net gou hier by die hardewarewinkel, ek sal jou en die kinders sommer by McDonald’s kry. Jy moet sien watse mooi present ek vir jou het. Lief vir jou! Oukei, koebaai!”

Sekondes later het ek sy warm semen op my hand gevoel. En hom vir ewig en altyd begin haat.


theimpostor

William Skidelsky van The Guardian skryf:

This is also a novel that works on several levels. In one sense, it is a conventional crime caper, the story of an innocent man who gets sucked into a world that he doesn’t understand. In another, it is a critique of contemporary South Africa, a country that, as Galgut depicts it, is beset by cruelty and a spirit of brutish materialism.

http://www.guardian.co.uk/books/2008/jun/22/fiction.reviews

Justin Cartwright van die Gardian skryf:

The conclusion about the white man’s place in this South Africa doesn’t quite follow Coetzee’s judgment that it is at best ambiguous and at worst irrelevant. It seems the white man is acceptable to provide the knowhow, the capital and the market for corruption. Napier discourses on the possibility of a private aesthetic as a refuge from these harsh realities: he might immerse himself in poetry, landscape and beauty. “He shied away from history . . . It seemed almost a duty.” Now history has caught up with him in the most brutal fashion. These ambivalent post-apartheid novels are often more interesting than the apartheid novels, in which the moral choices were fairly simplistic. The Impostor is a bleak but compelling book, set in a time of profound uncertainty.

http://www.guardian.co.uk/books/2008/jun/14/saturdayreviewsfeatres.guardianreview6


Ope brief aan Russel Botman Johann Rossouw

30 Mei 2009

Beste Russel

Dis ‘n wintersaand in Melbourne. Oor ‘n paar uur skop die Blou Bulle in Pretoria teen die Chiefs af vir die finaal van die Super14. Gister het die Chief met sy blou trui die Bulle sterkte gaan toewens. Hier vanuit die suide slaan ‘n mens die dinge meewarig en melancholies gade.

Afrikaanse gemeenplasighede gewissel, kan ek seker nou met die deur in die huis val. Vanuit die suide – Stellenbosch om presies te wees – verneem ek hier in die suide – Melbourne om presies te wees – dat dit van erg na erger met Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch gaan.

Anders gestel: die bostelegraaf wil dit hê dat waar die vorige rektor en kie die T-opsie van jaar een af wou instel, die huidige rektor en kie die T-opsie eers van jaar twee wil instel. Die idee is blykbaar dat eerstejaars in jaar een nog kan kies tussen Afrikaans en Engels in twee klasse, daarna in een klas.

Russel, dis verwarrend. Soos dit by my uitgekom het, soos ek dit vir jou skryf. Hier in die verre suide waar ek my bevind, kan ek nie die kloutjie by die oor bring nie.

Nou, kom ek probeer; kom ek probeer deursny; kom ek probeer die karma van die verlede afsny: jy is bewus daarvan dat ‘n ou garde – sommige sal sê die voorhoede (ek sê ook so), ander sal sê die agterhoede – op jou universiteitsraad die afgelope jare ‘n geveg voer om die universiteit Afrikaans te hou. Om bymekaar te bring wat bymekaar hoort. Ons en julle: wit en bruin: Afrikaner en bruin/kleurling (aaklige laaste term, begeerlike eerste term: kan ons nie maar almal bruin wees nie?). Die hemel weet, die woorde kom in die pad. Maar ek glo jy sal verstaan.

Nou Russel, dit kom my ter ore dat jy en die rektoraat, op hierdie kritieke historiese punt, gaan swig. Kom ons praat padlangs. T-opsie hier, parallelopsie daar: wit, ryk Engelse wen.

Kyk, ek en jy het hoegenaamd niks teen wit, ryk, Engelse uit die Kaapse suidelike voorstede nie. Maar Russel, wat van die Vlakte? Wat van die Noord-Kaap? Wat van ons mense?

In die Uniegebou sit nou ‘n kleinboer uit die platteland. Hy’t die verkiesing gewen vir ‘n gedateerde, sklerotiese party danksy die sentiment van die vlaktes, die vlakkes en die verwesenes: hulle wat net een taal se toegang tot die kosmos het.

En nou wil die onbetroubare bostelegraaf dit hê dat die T-opsie, die P-opsie, transformasie, die Rewolusie, Historiese Skuld en dié wat nog die bakermat, die mense – ons hart – hierdie toegang gaan kos.

Russel, die kere wat ons voor en na jou verkiesing as rektor gesels het, is dit nie wat ek verstaan het nie. Kyk, ek verstaan jy het ‘n sware karma: aan die een kant “bruin leier” (of jy nou wil of nie, so word jy gesien), aan die ander kant een van die oudhoofseuns van nierassigheid (soos jy jouself graag wil sien?). Maar Russel, jy kan nie God en Mammon dien nie. Hierdie gaan oor Afrika, Suid-Afrika, Afrikaans – as teoloog sal jy die gemene deler in dié drie wortelwoorde kan eien.

Russel, in gewone Afrikaans: die Geskiedenis het jou die mantel toegedeel. Ek is wit, jy is bruin, ons is Afrikaans: die gemene deler, die gemeenskaplike deernis wat ons van kleur bevry.

Ek doen hiermee ‘n beroep op jou: stuur die pous, die moderator, die Chief in sy peetjie. Staan vas, skop vas: vir Afrikaans, vir die onder ons wat deur die Geskiedenis gesensureer is, wat nou wil word wat ons kan wees.

Elke geslag het sy hoofseuns en sy helde, sy moderators en sy profete. (Onthou jy hoe mooi jy toentertyd oor profete in Vrye Weekblad geprofeteer het?)

Russel, die uur is hier. Melbourne is koud, kosmopolities en Engels: die suide wat te ver is.

Dus, vat vas, staan vas. Laat vaar die formules, die opsies. Hier waar ek nou my nagraadse studie voortsit, gee niemand my opsies nie. Dis Engels, alles Engels.

Jy’s bruin, ek’s wit. Die Kosmos weet, dis mos een te veel: Kan ons nie maar een in ons veelheid wees nie? Kan ons nie maar bloot Afrikaans wees nie?

So nie, Russel, soos ons Boere-ondergrond daar in die destydse Verwoerdburg gesê het, is jy maar net ‘n hoofseun. As jy die magte van die here Staat, die heer Mark, ten koste van ons, ten spyte van ons – ek en jy – ter wille wil wees, sal dit ‘n nekslag wees.

In so ‘n geval sal jy dan, soos dit ‘n inskiklike hoofseun betaam, in bekoorlike Afrikaans agtergelaat word – saam met die self-colonisation of a special type bekend as “transformasie”.

Vergeet transformasie en kies vir die Groot Andersmaak: die tyd is hier.

Groete

Johann Rossouw


Ek lees hierdie stukkie “bieg ” raak , in die kuberruim. Enige iets om ‘n triesterige dag ‘n bietjie op te warm.

Enige salf vir ‘n verskeurde hart? Naguiltjie

2009-05-13 Druk dit/Pr int it

Dis nou ‘n jaar dat ek ander se ellende en stukkend op LitNet belees. En nou is ek ook hier. En ek vra raad/advies/hoop van my medelesers. Ek was nog nie voorheen in hierdie posisie sodat ek ‘n “ekspert” kan wees hoe om my emosies te kan hanteer nie. Het nou al ‘n terapeut gesien, maar soos gewoonlik het dit my honderde rande uit die sak gejaag en ek’s steeds niks verder nie. Meer as 20 jaar getroud met pragtige kinders en ‘n baie komplekse man. Sakke en sakke sout saam opgevreet. Ten spyte van sy depressie is hy ‘n amazing, briljante, spirituele persoon. Iemand vir wie ek ongelooflike compassion het. In die proses moes ek myself al baie kere emosioneel afsny om ook te kan oorleef – ter wille van myself en my gesin. Skei was nooit ‘n opsie nie.

‘n Jaar gelede raak ek verlief! Na 20 jaar van absolute getrouheid kry ek toe ‘n geweldige chemiese afskeiding in my brein, maar ons albei behou nugterheid. Tot twee maande gelede, waar ons besef dat ons net nie van mekaar kan wegbly nie. Sy huwelik was al vir etlike jare op die rotse. En hy begin ‘n skeisaak (nie oor my nie). ‘n Maand terug was ek geforseer om te sê dat ek ‘n affair het – met my soulmate. Ons kon daarin slaag om uit die beddens te bly. MET MOERSE MOEITE!

My man maak beloftes, is verskriklik jammer oor die jare se verwaarlosing. Neem die blaam en skuld en belowe om te verander. Ek is baie lief vir hom. Sal altyd wees. Maar ek is ook lief vir my Libra-soulmate. Sal bitter, bitter graag ‘n lewe saam met albei wil hê. Glo al lankal nie meer die storie dat mens net vir een persoon mag/kan lief wees nie. Maar daar is nie plek vir ‘n bigamis/poligamis in ons gemeenskap/samelewing se waarde- en norme-struktuur nie. En ons ou dorpie is maar klein.

Maar “Pappie” het my die naweek voor ‘n ultimatum gestel. Dis óf hy en die kinders óf dis my soulmate. Te verstane. Ek wens ek kon my man haat en dat ons in ‘n “abusive” verhouding was – dan was dit maklik. Ek wens ek kon minder lief wees vir my soulmate, want dan het ek nie twee keer by ‘n senuwee-ineenstorting gedraai nie! Maar kies moes ek kies. En my man wil nie ‘n halwe vrou hê met dik-gehuilde oë nie – alhoewel hy – as sensitiewe siel – sy bes probeer om verdraagsaam te wees. And I’ll keep the pose. The show must go on and on and on. En my hart wil nie meer die pyn vat nie.

Ek is maar ‘n ou lafaard en sal seker nooit genoeg “guts” hê om uit die huwelik te loop nie. Dalk verander niks in die huwelik nie. Dalk doen dit. Maar die twee mans het elkeen verskillende persoonlikhede wat mekaar nie kan vervang nie. Ek kan hulle nie met mekaar vergelyk nie. Die een is nie beter as die ander nie. Dalk word my liefde vir my soulmate minder as ek hom nie meer sien nie. Dalk treur ek oor hom vir die res van my lewe. As my man my los, gaan ek ook oor hom treur vir die res van my lewe. Vrae, vrae, vrae. Maar hoe kom ek net deur vandag? Jip, ek is ‘n spirituele persoon en weet waar my ankers lê. Maar God was nog nooit Vader Krismis in my lewe om alles met ‘n wonderwerk net te verander nie. My maar net dood werk? Enige advies – hoe om net daagliks te oorleef. En ek wonder, bly wonder, of my soulmate ook weer gaan begin LEWE. Ja, en my arme man – of hy my ooit weer sal kan vertrou en ook weer ‘n heel mens sal word.

Naguiltjie


Dis Vrydag.


As Afrikaans ʼn vrou was

As Afrikaans ‘n vrou was en ek haar man, het ek die tafel ongedek gelos.

Sy staan by die ruit, haar deursigtige wit bloes balsem haar ferm kontoere in die vrugtige herfslug. Sy kyk nie na my nie, sy kyk hoe die lewe buite haar koninkryk verfraai.

Ek stap na haar toe en ruik liggies aan die norra van haar nek. Sy ruik soos omgeploegde landerye wat wag vir sonneblomkroonblare en lang, swaar koringgerwe. Sy ruik soos die sweet van ‘n stad op ‘n warm polsende nag.

Ek vat aan haar middel, sy voel soos kwepers, klei en die verbeeldingsvlugte van ‘n duisend dromers wat hulle toekoms en verlede vir haar opgeoffer het.

Ek druk my hand onder haar bloes, haar tepels is orent en soepel onder my palm. Ek kan hoor hoe sy saggies ‘n ligte asemsproei teen die helder glas laat. Ek vryf oor haar maag en omring haar naeltjie met myne. Sy druk haar heupe liggies en gewillig na agter en draai haar mond na my toe.

As Afrikaans ‘n vrou was, en ek haar man, sou ek haar hand vat en haar na die eetkamer lei en die tafel met haar dek.

Chris Wait

http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=67583&cat_id=160


As ons as Afrikaners oor “crime” praat, is dit asof dit altyd gepleeg word deur ons  “meer-nuwere-post-94-burgers’. Dis “hulle” skuld en ons is christelik/nasionaal opgevoed, ens.

Dat daar 13 ( uit 130) Suid Afrikaners is op die wereld se mees “WANTED” lys , is seker te verwagte, ek meen ons is die “crime capitol of the world”. Daar is egter 3 “boere” op daai lys- kan dit wees? 3 uit 130 !!

Beteken dit dan “Om Afrikaner te wees” jy moet “crime doen”?

https://www.crimeline.co.za/wantedafrica.asp

Update:

Die wereldpopulasie is ongeveer: 6 783 421 727 ( http://en.wikipedia.org/wiki/World_population ) . Daar is ongeveer 48,7 miljoen Suid Afrikaners. Kom ons neem aan Daar is 4 miljoen Afrikaners . Dit is 0.0589% van die wereld bevolking.

Suid Afrikaners maak egter 10% uit van die mees gesoekte misdadigers- en Afrikaners 23%. Dit maak onse ou kleine volkie die mees misdadigste volkie op die hele aarde.