stiletto

Hier volg ʼn uittreksel uit Karin Eloff se opspraakwekkende boek, Stiletto, wat pas by Tafelberg verskyn het. Die medeskrywer is Carel F Cronjé.

Karin Eloff is ‘n voormalige werker in die volwasse vermaakindustrie. Sy werk tans as joernalis by die weeklikse koerant Sondag en woon in Johannesburg. Carel F Cronje is ‘n musikant, joernalis en skrywer van onder ander Sonja Heroldt se biografie.

Karin Eloff is ‘n Boeremeisie met ‘n honneursgraad in sielkunde en ‘n Dopper-agtergrond. STILETTO vertel die ware verhaal van die pad wat dié kuis en voorbeeldige skooldogter gestap het om uiteindelik Zoë te word – eers as gewone stripper, toe as danseres en masseuse in die Streel-kasteel en uiteindelik redakteur van ‘n pornografiese tydskrif. Haar pad lê besaai met middeljarige mans, Afrikanermeisies met eksotiese Engelse verhoogname, gevaarlike seks en dwelms. STILETTO vertel hoe sy daar beland het, wat sy daaruit geleer het en hoe sy dit oorleef het. Dit raak pertinente kwelvrae oor ons samelewing aan – oor mans, oor vroue, oor seks, oor liefde en oor wie die delers en die stelers is. STILETTO draai nie doekies om oor die skadubestaan van die sekswerker nie.

***

Dit was ‘n verligting om by die Streelkasteel te werk, omdat ek dit in die dag kon doen. Ek het nie nodig gehad om in die vroeë oggendure deur strate vol dronk mense te ry en te hoop niemand agtervolg my nie. Die mans wat na die Streelkasteel toe gekom het, was ook nie dronk nie. Hulle het gewoonlik oor middagete gekom of net na werk, maar teen tienuur saans was die deure gesluit en almal veilig tuis.

Om vir die eerste keer ‘n erotiese massering te doen en boonop hoog swanger te wees, is nogal ‘n ervaring. Die vrae wat by my opgekom het was lagwekkend. In die eerste plek is draadtrek nie so eenvoudig soos wat ‘n mens dink nie, en mans ook nie. Alle mans is beslis ook nie dieselfde nie. Ek het angstig geraak. Wat as ek dit verkeerd doen? Wat as ek aanhou en aanhou en aanhou en aanhou en niks gebeur nie? En waar moet ek kyk as die ou uiteindelik kom? Dis eintlik só onnatuurlik as jy nie intiem by die ou betrokke is nie.

Moet ek plafon toe kyk?

Moet ek hom in die oë kyk? (Asseblief net nie dit nie!)

Moet ek afkyk?

En wat sê ‘n mens as die customer nou sy bydrae tot die verrigtinge gelewer het?

Ek dink die eerste paar keer het ek iets soos Aitsa! of Daar’s hy! gemompel.

Dan is die volgende vraag natuurlik: Wáár kom hy?

Op sy maag?

Op ‘n handdoek, of wat?

Ek vind toe uit dis op jou hand. En dit sou uiters slegte etiket wees om ná die komskoot die goed onmiddellik van jou hande af te vee, in die lug te probeer afskud of om ‘n gesig te trek. Kyk, by die Streelkasteel word elke man se semen verafgod, al is dit groen, want hy gaan nie terugkom as hy ‘n spesmaas kry jy aanvaar nie sy liggaamsvloeistowwe in liefde nie.

Die eerste man wat ‘n treatment by my gekry het, was die Streelkasteel se mede-eienaar. Hy’t my plegtig die Gebooie van Draadtrek voorgelees. Bowenal moes ek die customers laat voel ek gee regtig om . . .

Ek het baie geleer van menslikheid by die Streelkasteel. Van meegevoel, van toneelspeel, van die kameraderie tussen vroue, hoe hulle mekaar soos wolwe kan beskerm, maar ook hoe onbetroubaar en emosioneel onstabiel hulle kan wees. Michelle self het by ‘n latere geleentheid vir my gesê sy het in die masseerbedryf geleer daar is meer eerlikheid by mans te vinde as by vroue, en dat sy ‘n groot gly in vroue gevang het.

Die customers wat effens aangeklam was, was altyd die moeilikste. Jy voel later soos ‘n Boesman wat verwoed ‘n vuurtjie aan die gang probeer kry, maar die kêrel sukkel om sy vonkies te laat skiet. En die ergste is: hulle wil so graag.

Ek het ‘n customer gehad wat ‘n kankerlyer was. Sy komskoot was siekgroen. En ek moes hom aanvaarbaar laat voel, nie my gesig wegdraai nie, nie gewalg lyk nie. Hy’t my oor en oor bedank. En vir my gesê geen ander vrou was bereid om daarmee opgeskeep te sit nie.

Ek moes ‘n patologiese nerd wat heeltyd sy pruikie op sy kop reggeskuif het laat voel of hy Austin Powers op steroids is. Sy lyf het met die fyndraai só geruk dat hy byna die bed gebreek het. En ek kon nie vir hom lag nie.

Daar was die advokaat. Hy was erg gestres en impotent. Ek het hom so ver gekry om van sy onvermoë te vergeet dat hy uiteindelik amper sy eie gesig raakgespuit het. Ek moes ure lank met hom speel sonder om die aandag op sy penis te vestig. Ek het net liggies aan hom geraak, kaal op hom gesit en hom liggies geterg, oor koeitjies en kalfies gesels totdat hy ‘n spontane ereksie gekry het. En dit terwyl ek absoluut niks vir die man voel nie.

Daar was die ou wat kort tevore deur die ongelooflikste trauma gegaan het. Ek moes hom vashou, geliefd en veilig laat voel. Ek het regtig gesukkel om die emosionele intimiteit waarna hy so gesmag het na te boots.

Daar was die wonderlikste man wie se testikels verwyder is nadat dit in ‘n rugbywedstryd afgeskop is toe hy agttien was. Die vrou vir wie hy oneindig lief was, is dood en hy het nie kans gesien om vir elke date te verduidelik hoekom hy net ‘n penis met ‘n leë sakkie het nie. Ek het my bes gedoen om sy vertroue in sy manlikheid te herstel.

My grootste vernedering was die ou wat wou hê ek moes in sy oë kyk terwyl hy kom. Ek kon nie. Ek kon net nie. Hy’t sy moer vir my gestrip en sy geld teruggevra. Ek kon hom nie bevredig nie.

Daar was ander ook van wie ek liewer wil vergeet.

Een ou was ‘n psigopaat. Ek is oortuig daarvan. Hy’t my vertel hy het ‘n mes in sy sak gehad en dat hy my borste wou afsny en saam met hom huis toe vat. Ek het gevoel hoe my uitgeswelde maagspiere saamtrek om my ongebore kind nader aan my lyf te trek. Ek kon eenvoudig nie klaarmaak nie. Die man se energie het soos kak teen die mure gesit. Sy oë was diep en donker en onpeilbaar gevaarlik. Ek het uitgestorm en my beskermengel Michelle het hom vriendelik dog ferm die deur gewys.

Daar was Richard. Hy’t nie in draadtrek belanggestel nie, hy wou my penetreer. Maar penetrerende seks was nooit deel van ons repertoire by die Streelkasteel nie. Richard is ‘n prokureur, ‘n indrukwekkende slim man. Met ‘n indrukwekkende klein pielietjie. Ek is nou nog bang vir mans met klein pielietjies of enigiets wat na klein-pielietjie-sindroom lyk. Dis húlle wat gevaarlik is.

Ek het my laat verkrag.

Hy’t my beveel om handeviervoet op die bed te staan en ek het net daarop gefokus om asem te haal. Ek dink hy’t ‘n pistool by hom gehad. Hy’t van agter af iets in my opgedruk wat hard en koud was. Ek was bang. Ek dink ek het my in ‘n stadium natgepie. Ek was rêrig oortuig hy wou my doodskiet. Maar hy het nie. Toe hy met my klaar was, het hy ‘n rol note in my hand gedruk en geloop. Ek het gaan stort. Lank. Maar ek kon hom nie van my afwas of uit my gedagtes kry nie. Vir weke nie.

Ek dink die heel ergste was die ou op Valentynsdag. Hy was ‘n vreeslike vriendelike, ordentlike man en uit sy praatjies kon ek aflei hoe baie sy vrou en kinders vir hom beteken. Die rook het omtrent uit my brein getrek soos ek probeer uitwerk het wat máák die ou dan hier? Terwyl ek toe met sy penis in my hand gesit het, lui sy selfoon. Oeps. Sy vrou, het hy beduie, en gewys dat ek moet voortgaan.

“Ja, my skat,” het hy geborrel, “ek’s net gou hier by die hardewarewinkel, ek sal jou en die kinders sommer by McDonald’s kry. Jy moet sien watse mooi present ek vir jou het. Lief vir jou! Oukei, koebaai!”

Sekondes later het ek sy warm semen op my hand gevoel. En hom vir ewig en altyd begin haat.



24 Responses to “Karin Eloff se Stiletto”  

  1. Sjoe. Ek weet nie wat ek op die oomblik dink nie. Laat ek eers bietjie my gedagtes uitsorteer.

  2. Genade, ek is die een wat nou gesigte trek en uhh…se… ek glo nie ek wil die boek lees nie. Dankie tog ek hoef nie so iets te doen nie. Ek dink eerlikwaar ek vee strate voordat ek dit oorweeg.

  3. Hoe kan enige slim vrou wat haar self respekteer so-iets doen?

  4. ghmm

  5. Goeie Donner…..

    Ek dink tog dit sal ‘n treat wees om die boek te lees. Die psige van ‘n man, veral die wat sulke plekke besoek kan nogals interessant wees dink ek om te ontdek. Ek is mal oor haar droee humor…

    Wys jou net….. ‘n Man is ‘n bok en ‘n bok is ‘n blixem….

    • 6 Lindie

      Jy sal die boek geniet & dit was vreeslik interessant om te lees oor die manne wat dai plekkies besoek

  6. Dis hoekom ek met perlemoen gesmokkel het. Eerder dit en eerder ‘n nag in die selle as hierdie. maar ek het nietemin empatie met die girls. Ek self sal net nooit daarby kan uitkom nie – no pun intended.

  7. Ek dink dis baie interessant. En braaf van haar. Sal graag die boek wil lees.

  8. Dan lees ek maar eerder NOG ‘n Andre P Brink, al dink ek hy het met sy mees onlangse pogings die pot loop mis sit.

    Nee wat, nie my tipe storie nie.

  9. 11 Tessa

    Karin, nadat ek jou op Kyknet gesien het wil ek graag die boek lees, ek gaan nog. Almal wat sodanige aaklige opmerkings het moet Redeeming Love van Frrancine Rivers lees, en dan eerder jou boek of werk afkraak. Groete

  10. 12 lily

    Right here we have a woman, who sensationalises the fact that she is heavily pregnant while exposing herself to possible infection from a customer!
    Seems to me she only knows how to be a woman when paid to be one and then fails in her duty miserably.
    Now she wants to clean up her act for her child?! Nah I don’t think this one should have been allowed to breed – rather take it out into the street so it can be shot and save the child a life that this woman (I use the term lightly) clearly cannot provide her child. Did she even once consider the fact that her child was aware and present while she was jacking some poor guy off that clearly “needed” comforting? and after the fact she wants to protect her kid – little contradictory I think I suggest she goes and gets her head sorted out – the best way to get clean is not to wallow in shit Karin. Pathetic!

  11. 13 hester

    Kan iemand my help met karin eloff se e-mail adres. Ek het ook in die industrie gewerk en ek wil graag met haar kontak maak. Ek dink as ons saam ñ boek kan skryf gaan die hele land regop sit. Mens raak nooit ontslae van die stigma wat aan dit verbonde is nie. Vandag is ek ñ ma van 2 maar dit agtervolg my nog steeds. info@monrepos.co.za

  12. 15 Lindie

    Foeitog ek kry die arme siele hierbo vreeslik jammer. . . wonder hoeveel van hulle regtig die boek gelees het ? Na die onggendprogram op kyk-net kon ek nie wag om die boek te kry nie – en het ook binne 2 dae. Dieselfde dag nog die boek klaar gelees. Soos in Karin se eie woorde: “brutale eerlikheid” – dit was wonderlik. Wens meer skrywers kan tog so eg Afrikaanse woorde gebruik. Karin het in haar onderhoud genoem van ‘n volgende boek oor kind grootmaak as enkel ma – ek kannie wag hiervoor nie.
    Ek is so trots op haar eerlikheid – daars geen prentensies nie – hoeveel van ons kan al ons geraamtes uit die kas haal met eerlikheid . . .? Dit is sulke tye dat ek voorwaar trots is om ‘n vrou te wees. Hoeveel van ons & ander wat in Karin se bedryf is of was het die moed om soos Karin – vir daardie onderhoud te gaan sit en haar trots te sluk vir ‘n goeie “dag werk” om die beste vir haar kind te gee? Daar is soveel vrouens daar buite wat ongelukkig getroud is en hulle mans se strooi maar vat want hulle het nie die moed soos Karin nie – hulle kan nie hul trots sluk nie – en op die einde ly die arme kindertjies daaronder – ek wonder hoeveel van hulle is die wat hierdie negatiewe kommentaar lewer oor Karin. Soos aan die einde van die boek gese word is dat ons almal besig is met ‘n siele reis en dit is so waar! Karin ek wag vir jou volgende boek !

    • Ons is almal op ‘reis’- party lewens is net soveel meer interessant.

      • haha…”meer interessant”…
        Ek was so paar jaar terug (met ‘n kollega en ‘n paar ander kollegas van 2 ander skole en hul hoofdogters/hoofseuns) saam met Sunnyside Polisie se polisiemanne deur die strate van PTA…10nm to 1am… ‘n projekkie wat SS polisie/Moot polisie in samewerking met skole in die omgewing gehad het. Nee dankie, daardie “interessante” lewe is gelukkig nie vir almal beskore nie. Dis ‘n groot gamors..donker hoofletters. Dankie tog dat my lewe nie so “interessant” hoef te wees nie. Daar is baie beter “reise” in die lewe om te reis as daardie gemors-reis.

    • Lindie, jy hoef niemand jammer te kry nie, gelukkig kies mense wat hul wil lees en hierdie is glad nie my smaak nie. Gelukkig dat almal verskillende individue is en verskillend kan dink oor verskillende dinge in die lewe. Die feit dat ek nie hierdie boek sal kies nie maak my nie minder intelligent/watookal as enige ander leser nie.

  13. Interessant

  14. Aardig. En interessante studieveld.

  15. 21 Big B

    Die boek klink vreeslik goed. Kani wag om dit te lees nie. Mens kan ook maar nie help om te wonder hoeveel van hierdie mense wat sulke snedige opmerkings los hierbo, se mans is al ‘uitgehelp’ deur Karen of vroue soos sy nie!!

  16. Karen Eloff ‘n joernalis???????? wahahahhahah.

    Sy was wel redakteur van ‘n porn-magazine. Maar dit maak nie van haar ‘n joernalis nie, miskien ‘n “intieme verslaggewer”.

  17. 23 Lizette

    Ek ken hierdie vrou, voor ek geweet het van haar verlede, en sy is AWESOME.
    Dis vir niemand om te oordeel en haar te kategoriseer nie. Die lewe vat ons op draaie wat ons nie altyd wil nie, en dikwels vind iemand hulle dan in ‘n hoek. Sommige hoeke is net veel erger as ander.
    Die wie se lewe so “geseend” was om nie te weet waarvan ek praat nie – bly liewer stil oor die hartseer van die lewe waarvan julle niks weet in julle gekoesterde lewetjies nie.
    Hoe kan julle haar beroep as joernalis kritiseer sonder om enige van haar werk te gelees het? Julle is self nie eers joernaliste om dit werklik te kan evalueer nie.
    Julle is besig om iemand vanuit ‘n morele oogpunt te veroordeel op elke liewe aspek van haar lewe en menswees.
    Ek haal liewer my hoed af vir haar, vir die harde houe wat sy al in die lewe gekry het, die manier waarop sy haar daaruit opgetrek het, en die wonderlike mens EN MA wat sy vandag is. Dit le nie in enigeen se vermoe nie.
    You go girl.

  18. 24 Hout Lepel

    Ek lees die opmerkings hierbo en ek dink onwillekeurig aan die liedjie jong dames dinamiek van die Naaimasjiene. ek is so perfek, my gesin is so perfek , my seun is kaptein van die 1ste rugby span, my man hoof ouderling ens.

    Dalk moet jy dit lees en sien hoe maklik n gesin uitmekaar kan breek. Jy kan jou kind soveel leer maar eendag bepaal vriende, omgewing ens watse beluite gemaak word. Ek dink mense sal verbaas wees hoeveel jong werksmense gebruik dwelms om die stress en verwagtinge te hanteer.

    Party mense se reise is nou maar net meer opspraakwekkend as ander, sy het haar daar deur gewerk en die wat haar oordeel ….(wat van splinter en balk)?

    Ek het die boek gelees, die styl was maklik dalk kru maar op die punt af. Ek dink seker goed is versag – is sy betaal vir naai (Nikita noem dit seker intercourse of intiem wees), hoe maklik was dit om dwelms te los – daar is maar min oor dit gese.

    Dit sal wel interessant wees om te weet hoe haar agtergrond haar verhoudings nou met mans beinvloed, wil sy nogsteeds baie intiem wees met hulle, vir hulle seksy wees of ontrek sy haar


Leave a Reply